Witbank is ‘n stad geleë op die hoëveld van Mpumalanga.
Die naam van Witbank is afgelei van ‘n wit sandsteen uitspanplek waar transportdrywers voorheen gerus het.
Witbank sou nooit bestaan het as dit nie vir die Pretoria-Maputo spoorlyn was nie.
Witbank was oorspronklik ‘n boere gemeenskap. Hulle het meestal kos voorsien vir reisigers na Pelgrims rus en die laeveld.
Wol was ook ‘n belangrike produk in die Witbank omgewing. Die skeersels is een maal per jaar na durban vervoer waar dit uitgevoer is.
Thomas Bains het so ver terug as 1872 berig dat die mense kool uitgehaal het en as branstof gebruik het. Die settelaars het dan ook die kole uit rivierbeddings gehaal.
Die eerste werklike uithaal van kool was is in 1896 toe Samuel Stanford die eerste skag gesink het.
Hy het saam met die maatskappy Neumann Limited die Witbank Collery myn maatskappy gestig.
Die eerste skag is gesink op die plaas Witbank. Die plaas was voorheen bekend as Swartbosch alhoewel die amptelike naam Leraatsfontein was. As gevolg van die swak landbougrond op die plaas, het dit bekend gestaan as “Hongerplaas” onder die boere.
Ons kan sê dat Witbank in 1890 ontstaan het. Die myn van kole was egter nie suksesvol vir die groter mark tot en met 1894 toe die spoorlyn van Pretoria Witbank bereik het nie. In 1903 het Witbank amptelik ‘n dorp geword en op 13 Mei 1910 het Witbank ‘n Munisipaliteit geword.
Die Administrateur het op 8 November 1914 Munisipale status aan Witbank gegee. In 1921 was Witbank, se inwonertal 1 901.
I n 1916 het Mnr O.H. Frewin die Witbank Nuus begin.
In 1926 het Eskom die Doornpoort dam gebou. Hulle het ook die eerste kragstasie in Witbank begin. Die munisipaliteit het 600 000 000 liter per dag van Eskom gekoop.
In 1938 het Witbank Engineering en SA Cyanimid in Witbank geopen.
In 1954 is Witbankdam voltooi en dit is steeds vandag die grootste munisipale dam in die Suidelike halfrond.