Misverstande

MISVERSTANDE  
Voorsitter, Jan van der Merwe bel Johannesburg Internasionale lughawe, en word deurgeskakel na die inligtingstoonbank.   Hy vra hoe lank ‘n vlug tussen Johannesburg en London sal neem.   Die dame aan die anderkant antwoord “Net ‘n minuut Mnr.”   Daarop antwoord Jan van der Merwe “Baie dankie” en sit die telefoon neer.
Dames en Here.   ‘n Tipiese misverstand,   het iemand gepraat sonder om iets te sê, of het iemand anders geluister, sonder om te hoor?
Enige een van ons kan die slagoffer wees van ‘n misverstand.   Die meeste mense sien ‘n misverstand net as iets waarvoor gelag kan word as dit   met iemand anders gebeur, maar ek wil u graag oortuig dat die beste medisyne daarvoor ‘n tikkie humor is.  

Die eerste plek waar misverstande heerlik groei   is in die teater.   Vir ‘n outeur   en regiseur is ‘n is ‘n misverstand noodsaaklik in   vir ‘n suksesvolle opvoering.   Dit vorm die basis waarop komedie gebou word, of die spil waarom die tragedie   draai.   Eeue gelede al het die slim skrywer WILLIAM SHAKESPEAR dit al geweet.   Vandag ken ons almal die verhaal van Romeo en Juliet.   En elke Afrikaner kan lekker lag vir Tobie Cronje.   Volgens die webtuiste “Whoswho” het hy reeds in meer as 100 suksesvolle teater produksies as komediant opgetree.   En wat van 7 de laan?
Ons eie,   ‘n volksegte program, vol intrige en misverstande wat vir lekker lag   en huil in vele huishoudings sorg.

  ‘n Tweede teelaarde vir misverstande is   nuwe tegnologie waarsonder die meeste van ons nie kan klaarkom nie.   Hierdie speelvlak gee my Pa grys hare.   Vir een of ander rede doen die rekenenaar nooit wat   hy   gedink het dit moet doen nie.   In die Huisgenoot van 15 Julie 2007 is ‘n paar mense aangehaal wat by iemand se rekenaarwinkel navraag gaan doen het oor die internet.   Daar was vrae soos “Ek wil graag ‘n internet koop, kan u vir my sê wat dit kos?   of” Ek het nie ‘n rekenaar by die huis nie, is die internet in boekvorm beskikbaar?”.   Hieroor kan mens net lag.  

Maar Dames en...